SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 número4 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

STRAUSS, DFM. Die moontlikheidsvoorwaardes van metafoor- gebruik. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.4, pp.613-628. ISSN 2224-7912.

'n Ondersoek word ingestel na bepaalde kondisies wat die aard van metafoorgebruik onderlê en eers moontlik maak. Dit blyk dat die onderskeiding tussen letterlike en figuurlike taalgebruik eersgenoemde nie bo die algemeen-interpretatiewe aard van alle taalgebruik verhef nie, waaruit volg dat nie alle taalgebruik metafories is nie. Aristoteles se bydrae verg dat gelet word op die verband tussen logos, analogon en alogos wat verband hou met die verskil tussen begrip en woord en na die gegewe dat 'n metafoor iets wat "sin-strydig" (αλογον) is, bevat. 'n Vergelyking is nie 'n metafoor nie. Die Ilias van Homeros se metaforiese gebruik van die woord leeu word opgevolg deur te let op die hipoteties-fiktiewe kant van 'n metafoor. Die onderskeidenheid van begrip en woord maak tipiese semantiese verskynsels eers moontlik. Die voortgesette bespreking belig ook die rol van die menslike inbeeldingsvermoë in metafoorgebruik en vestig ten slotte die aandag op die aard van egte analogieë - wat na vore tree wanneer twee gegewens ooreenstem in die opsig waarin hulle verskil. Ten slotte word die elf kondisies of voorwaardes waaraan in die artikel aandag geskenk is, bondig puntsgewys saamgevat.

Palabras clave : Metafoor; vergelyking; begrip en woord; denke en taal; interpretasie; sin-strydig; analogie; begrip en idee; metafore is verwisselbaar.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons