SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 número4 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

DU PREEZ, Amanda. Om Kop te Hou: Liggaamlikheid en Kontemporêre Kuberkultuur. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.4, pp.596-612. ISSN 2224-7912.

Die metafoor of uitdrukking "om kop te hou" word aangewend as 'n sleutel ten einde 'n kritiese analise van die ontmoeting tussen nuwe tegnologieë en liggaamlikheid aan die hand te doen. Daar sal aangedui word hoe verwikkeld en uiters problematies die gedagte van "kophou" geword het in die kontemporêre kuberkultuur. Die doel is dus om die ontmoeting of interaksie tussen liggame en tegnologieë uiteen te sit met die belangrike voorbehoud dat dit nie die tegnologie is wat die liggaam ontmoet nie, maar eerder tegnologieë wat liggame in 'n verwikkelde interaksie ontmoet. Hierdie interaksie word in vier liggaamstipes verdeel, wat op 'n semiotiese vierkant aangedui word om gestalte te gee aan die ingewikkelde aard daarvan. Die vier liggaamstipes is geïdentifiseer as tegno-transendente liggaamlikheid; tegno-verbeterde liggaamlikheid; gemuteerde liggaamlik-heid en hiper-werklike liggaamlikheid. Aan die hand van die vier liggaamstipes word die verweefde en ingewikkelde interaksies tussen liggame en tegnologieë uitgebou en die metafoor van "kophou" deurgaans aangewend ten einde die fyner nuanses van die interaksie te beklemtoon. Die liggaamstipes se interaksies met nuwe tegnologieë word ontsluit deur verwysings na voorbeelde uit die breër visuele kuituur soos film, visuele kuns, advertensies en die internet te gebruik.

Palavras-chave : liggaamlikheid; posthumanisme; krionika; kuberkultuur; semiotiese vierkant; tegno-transendensie; tegno-verbetering; mutasie; hiper-werklikheid.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons