SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 número3Managers' and employees' attitudes towards people with physical disabilities in the workplace índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

VAN DER MESCHT, Heinrich. Die konteks van die Koninklike Toonkuns-akademie in München en sy Suid-Afrikaans gebore studente, 1902-1909: Mabel Wuesto, Vera de Villiers, Daisy Bosman en Irma Lohner. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.3, pp.451-471. ISSN 2224-7912.

Die jaarboeke van die Königliche Akademie der Tonkunst in München toon dat daar vier Suid-Afrikaans gebore vroue in die vroeë twintigste eeu (1902-1909) aan die instansie studeer het. Die konsep "plek" is die uitgangspunt van die artikel. Watter invloede sou die plek München en die Koninklike Toonkuns-akademie op die identiteit van studente uit Suid-Afrika kon hê? Aan watter omstandighede, dosente en medestudente is hulle blootgestel? Wat was dus die konteks waarbinne hulle studeer het? Dit is duidelik dat die Toonkuns-akademie 'n konserwatiewe instelling was waar daar byvoorbeeld 'n streng onderskeid tussen manstudente en damestudente getref is. Die Akademie het oorspronklik uit drie afdelings bestaan: "'n Voorbereidende Skool, 'n Hoër Vroulike Afdeling en 'n Hochschule vir studente van die manlike geslag - die eintlike Akademie". Die belangrikste bronne is die jaarboeke wat elke jaar verskyn het (beskikbaar in die Beierse Staatsbiblioteek en die argief van die Hochschule für Musik und Theater in München) en die volumes met studenterapporte wat vanaf die akademiese jaar 1900/1901 beskikbaar is (Hochschule für Musik und Theater). Ongelukkig is daar geen briewe aan en van die bestuur van die Akademie beskikbaar nie (soos wel van die Hochschule in Berlyn die geval is). Die volgende vier persone word bespreek: Mabel Wuesto (gebore in Kimberley, viool, 1902-1904), Vera de Villiers (Pretoria, klavier, 1902-1904), Daisy Bosman (Bloemfontein, sang, 1906-1908 ) en Irma Lohner (Pretoria, sang, 1907-1909). Navorsing oor die lewens van hierdie persone is nou nodig sodat vasgestel kan word hoe hulle later die omvangryke indrukke en ervaring wat hulle in die "plek" München en die "plek" Königliche Akademie der Tonkunst versamel het deur middel van hulle nuwe ontwikkelde identiteit aan hulle gemeenskappe oorgedra het.

Palavras-chave : Daisy Bosman; Vera de Villiers; identiteit; Königliche Akademie der Tonkunst in München; Koninklike Toonkuns-akademie in München; konteks; Irma Lohner; die konsep "plek"; Suid-Afrikaanse musiekstudente; Mabel Wuesto.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons