SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 número3Drama chronicle 2008-9Afrikaans speech norms and prescriptive Afrikaans norms: is there enough scope for grammatical diversity in standard Afrikaans? índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

MINNAAR, Philip; MYBURGH, Chris  e  POGGENPOEL, Marie. Laat-adolessente se belewenis van selfhandhawing in die werkomgewing. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.3, pp.435-450. ISSN 2224-7912.

Die fokus van hierdie navorsing is op die belewenis van laat-adolessente ten opsigte van selfhandhawing in verhoudings in die werkomgewing. Die navorsers het opgelet dat laatadolessente by 'n spesifieke tegniese opleidingskollege se sosiale vaardighede, en veral hul selfhandhawing tussen volwassenes, gegewe hul ouderdom, ongepas voorkom. Die emansipasieproses van laat-adolessente wek dikwels gemengde gevoelens omdat hulle na volwassewording uitsien, maar dit terselfdertyd vrees. 'n Postmoderne konstruktivistiese navorsingsparadigma is in hierdie navorsing gebruik. 'n Kwalitatiewe, verkennende, beskrywende en kontekstuele navorsingsontwerp is gevolg. Die doel van die navorsing was om laat-adolessente se belewenisse met betrekking tot hul eie self- handhawing teenoor hul meerderes, gelykes en ondergeskiktes in die werkomgewing te verken en te beskryf. Semi-gestruktureerde onderhoude is met die deelnemers gevoer aan die hand van drie scenario's. Daar is gevind dat die laat-adolessente voel hulle word blootgestel in hul werksituasies. As gevolg hiervan beleef hulle ontreddering en vind hulle dit moeilik om hul behoeftes in die werkomgewing te kan kommunikeer. Hulle beleef dat hulle geblameer word en versamel vroegtydig bewyse om hul eie onskuld te kan bewys. Hulle beleef dat hulle maklik deur hul toesighouers geïntimideer word. Gevolglik is hulle geneig om aggressiewe taal en gedrag te gebruik om hulself te verdedig. Hulle gebruik hanteringsmeganismes, wat met fisiese en psigologiese distansiëring van die probleem gepaardgaan, om beheer oor 'n situasie te kry. Wanneer hulle beleef dat hulle bedreig word, oorweeg hulle ook bedanking as 'n alternatief en wil 'n ander werk soek. Riglyne vir die fasilitering van selfhandhawende gedrag by laatadolessente is geformuleer.

Palavras-chave : Laat-adolessent; selfhandhawing; werkomgewing; interpersoonlike verhouding; passiewe gedrag; bekommernis; hanteringsmeganismes.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons