SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 número3Afrikaner and Zulu perspectives on the Battle of Blood River, 16 December 1838Managers' and employees' attitudes towards people with physical disabilities in the workplace índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

VAN WYK, André  e  BISSCHOFF, Christo. 'n Meetinstrument om die beeld van 'n sekondêre skool te bepaal. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.3, pp.415-434. ISSN 2224-7912.

Die beeld van 'n sekondêre skool is die bemarkingsmiddel waardeur 'n sekondêre skool in die mark geïdentifiseer word en so 'n skool teen ander hoërskole in die omgewing of land opgeweeg word. Hierdie studie fokus op die ontwikkeling van 'n beeldmeetinstrument wat as 'n bestuursinstrument gebruik kan word en waardeur 'n sekondêre skool al die fasette wat die beeld beïnvloed, kan evalueer, die swak en goeie punte kan identifiseer en daardeur aksieplanne inisieer om die beeld van die sekondêre skool te verbeter. Die navorsing is gedoen deur vanuit die literatuur 'n beeldmeetinstrument te identifiseer en te konstrueer. Hierdie meetinstrument is kwantitatief getoets deur van 'n Likert-skaal-vraelys gebruik te maak. Die resultate van die studie toon bo alle twyfel dat die meetinstrument geldig en betroubaar is om die beeld van die sekondêre skool te bepaal. 'n Struktuurvergelykingsmodel is ontwikkel om die meetinstrument te toets. Dit is gedoen deur middel van faktorontleding, om sodoende die interafhanklikheid en korrelasies van elke area tot die beeld te bepaal, en daardeur is die relatiewe belangrikheid van elkeen van die komponente van die beeld bepaal. Die meetinstrument se passing is bepaal deur van die passingsindekse gebruik te maak. Die meetinstrument beskik oor uitstekende passingsindekswaardes en bevredigende korrelasie koëffisiënte, en is dus 'n bruikbare meetinstrument wat deur hoërskole gebruik kan word om hul beeld te meet.

Palavras-chave : sekondêre skoolbeeld; beeldmeetinstrument; sekondêre skoolomgewing; geldigheid; struktuurvergelykingsmodel; sekondêre skoolbestuur; sekondêre skoolbemarking; strukturele vergelykingsmodellering.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons