SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 número3Afrikaner and Zulu perspectives on the Battle of Blood River, 16 December 1838Managers' and employees' attitudes towards people with physical disabilities in the workplace índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VAN WYK, André  y  BISSCHOFF, Christo. 'n Meetinstrument om die beeld van 'n sekondêre skool te bepaal. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.3, pp.415-434. ISSN 2224-7912.

Die beeld van 'n sekondêre skool is die bemarkingsmiddel waardeur 'n sekondêre skool in die mark geïdentifiseer word en so 'n skool teen ander hoërskole in die omgewing of land opgeweeg word. Hierdie studie fokus op die ontwikkeling van 'n beeldmeetinstrument wat as 'n bestuursinstrument gebruik kan word en waardeur 'n sekondêre skool al die fasette wat die beeld beïnvloed, kan evalueer, die swak en goeie punte kan identifiseer en daardeur aksieplanne inisieer om die beeld van die sekondêre skool te verbeter. Die navorsing is gedoen deur vanuit die literatuur 'n beeldmeetinstrument te identifiseer en te konstrueer. Hierdie meetinstrument is kwantitatief getoets deur van 'n Likert-skaal-vraelys gebruik te maak. Die resultate van die studie toon bo alle twyfel dat die meetinstrument geldig en betroubaar is om die beeld van die sekondêre skool te bepaal. 'n Struktuurvergelykingsmodel is ontwikkel om die meetinstrument te toets. Dit is gedoen deur middel van faktorontleding, om sodoende die interafhanklikheid en korrelasies van elke area tot die beeld te bepaal, en daardeur is die relatiewe belangrikheid van elkeen van die komponente van die beeld bepaal. Die meetinstrument se passing is bepaal deur van die passingsindekse gebruik te maak. Die meetinstrument beskik oor uitstekende passingsindekswaardes en bevredigende korrelasie koëffisiënte, en is dus 'n bruikbare meetinstrument wat deur hoërskole gebruik kan word om hul beeld te meet.

Palabras clave : sekondêre skoolbeeld; beeldmeetinstrument; sekondêre skoolomgewing; geldigheid; struktuurvergelykingsmodel; sekondêre skoolbestuur; sekondêre skoolbemarking; strukturele vergelykingsmodellering.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons