Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares em Google
Compartilhar
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751
Resumo
BITZER, Eli e WILKINSON, Annette. Hoër onderwys as navorsings- en studiegebied in Suid-Afrika: 'n Historiese en tematiese perspektief. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.3, pp.382-396. ISSN 2224-7912.
Hierdie artikel ondersoek veral drie aspekte rakende die hoër onderwys as 'n navorsings- en studiegebied in Suid-Afrika. Eerstens word 'n aantal momente uit die geskiedenis van hoëronderwysstudie geskets - veral voor 1994. Daarna word die studieveld beoordeel teen die agtergrond van bestaande internasionale tematiese karterings van die studieveld buite die Verenigde State van Amerika - meer spesifiek teen dié van Malcolm Tight, 'n gerekende hoëronderwyskundige in die Verenigde Koninkryk. Derdens word 'n aantal aangeleenthede aan die orde gestel met die oog op die uitbreiding en verdere ontwikkeling van hierdie veld van studie en navorsing in Suid-Afrika.
Palavras-chave : Hoër onderwys; navorsingsterrein; studieveld; hoër onderwys in SuidAfrika; temas in hoër onderwysnavorsing; navorsing in hoër onderwys.