SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 número3 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    VAN DER WALDT, Gerrit. Samewerkende regering en munisipale dienslewering: realiteite en uitdagings. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.3, pp. 366-381. ISSN 0041-4751.

    Hierdie artikel ontleed die stelsel van samewerkende regering in Suid-Afrika met spesifieke verwysing na die mate van ondersteuning aan munisipaliteite om dienslewering te verbeter. Die plaaslike sfeer van regering gaan tans gebuk onder ongekende vlakke van mislukte dienslewering. Die vraag kan tereg gevra word hoe "samewerkend" die regering op alle sfere is om munisipaliteite in hulle diensleweringstaak te ondersteun. In terme van die Grondwet behoort die nasionale en provinsiale sfere van regering munisipaliteite te ondersteun as dié vlak van regering wat mense meer direk beleef. Die artikel stel voorts die onderliggende kwessies wat aandag verdien in die stelsel van samewerkende regering aan die orde en identifiseer veranderlikes wat die toekoms van plaaslike regering wesenlik kan beïnvloed. Die artikel lê enersyds die inherente spanning tussen die relatiewe outonomiteit van munisipaliteite bloot en andersyds word die beginsels van samewerkende regering belig. Daar blyk 'n groeiende gaping te wees tussen die ontwikkelingsmandaat wat die Grondwet aan munisipaliteite toeken en hoe dienslewering daadwerklik geskied.

    Palavras-chave : samewerkende regering; interowerheidsverhoudinge; plaaslike regering; munisipaliteite; stelsel van regering; dienslewering; munisipale dienslewering; provinsiale regering.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · pdf em Africaner