SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 número3The afrikaner's experience of transformation and nation building in post apartheid South Africa índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

DU PLESSIS, Lourens. Die Wonder van grondwetmatige Afrikaans. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.3, pp.337-351. ISSN 2224-7912.

Hierdie artikel handel oor die welstand van Afrikaans as 'n grondwetmatige taal die vraag synde of die groter kontoere sowel as die fynere nuanses van grondwetmatige demokrasie, soos wat dit die afgelope agtien jaar in Suid-Afrika posgevat het, met goeie (grondwetlike) gevolg in Afrikaans verwoord kan word. Die skrywer maak korte mette met die siening dat Afrikaans se noue assosiasie met apartheid die vooruitsigte daarvan as grondwetmatige taal vir goed bederf het. Ander tale wat eens op 'n tyd ook "onderdrukkerstale" was (byvoorbeeld Engels en Duits) is immers vandag baie respektabele tale van en in grondwetmatige diskoerse. Die skrywer toon aan hoedat Afrikaans met 'n ontwikkelende grondwetlike register kreatief aan konstitusioneel demokratiese begrippe, idees en beginsels uitdrukking kan gee. Die term "vertolking" het byvoorbeeld 'n ruimheid van betekenis wat die toepassingsgerigtheid van wetsen grondwetsverstaan en toepassing raker verwoord as die terme "uitleg" en "interpretasie" wat tradisioneel gebruik word. "Grondwetmatig" is vir die skrywer ook 'n beter byvoeglike naamwoord as "grondwetlik" om 'n toedrag van sake geheel in lyn met die Grondwet aan te dui. Die artikel handel voorts oor die effek van grondwetlike oppergesag en die daarmee gepaardgaande noodsaak vir regterlike selfbeheersing. Leesstrategieë wat sodanige selfbeheersing in die hand werk, word geïdentifiseer, benoem en beskryf. Hieronder tel grondwetskonforme wetsvertolking, subsidiariteit en die grondwetlike sowel as talige neologisme regering van samewerking.

Palabras clave : Afskeiding; afsnyding; grondwetmatige Afrikaans; Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika; grondwetlike oppergesag; grondwetlikheid; grondwetmatige demokrasie; grondwetmatigheid; grondwetskonforme wetsvertolking; inlees; konstitusionalisme; konstitusionele demokrasie; regering van samewerking; regterlike selfbeheersing; skeiding van magte; subsidiariteit; subsidiêre grondwetlike wetgewing; trias politica; vermoede van grondwetlikheid; vraagstuk van meerderheidsondermyning; wets- en grondwetsvertoking; grondwetlikheid.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons