SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VAN ZUILENBURG, Paul Loeb. Musiekentrepreneurskap: 'n Onmisbare element van die tersiêre musiekkurrikulum. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.2, pp.322-336. ISSN 2224-7912.

Slegs 0,065 persent van die totale bevolking van die VSA en die Europese Unie is werksaam in poste wat vir musikante gestruktureer is. Daar is lank reeds 'n ooraanbod van musici wat met onvoldoende vaardighede toegerus is vir professionele oorlewing in die hedendaagse samelewing. Bogenoemde situasie is deels die gevolg van onderriginstellings wat krampagtig vasklou aan 19de-eeuse onderrigpraktyke in die hoop dat dit genoegsaam sou wees vir die voorbereiding van 21ste-eeuse kunstenaars. Die realiteit is dat alternatiewe kunsbeoefening buite die tradisionele werksomgewing van die onderwys en die simfonieorkes ondersoek moet word; een alternatief is die sogenaamde kuns- of musiekentrepreneurskap. Hierdie artikel, gebaseer op 'n MBA-veldstudie asook uitgebreide Fulbright postdoktorale navorsing, poog om die ontwikkeling van kunsen-trepreneurskapsonderrig te belig aan die hand van ontwikkelinge in die kreatiewe industries oor die laaste dekade. Die potensiaal van kunsentrepreneurskapskurrikula om nuwe professionele geleenthede vir musikante te skep, word ondersoek. Verskillende onderrigmodelle word uitgelig, en daar word tot die gevolgtrekking gekom dat nie te veel professionele musikante werksaam is nie, maar wel dié met die verkeerde vaardighede.

Palabras clave : kunsentrepreneurskap; nuwe ondernemingsvestiging; musiekkurrikulum; musiekentrepreneurskap; ervaringsekonomie; kreatiewe industrieë.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons