SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 issue2From novel to film: no Disgrace for J M Coetzee. An investigation into the process of film adaptation author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Bookmark

    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    VAN ZUILENBURG, Paul Loeb. Musiekentrepreneurskap: 'n Onmisbare element van die tersiêre musiekkurrikulum. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.2, pp. 322-336. ISSN 0041-4751.

    Slegs 0,065 persent van die totale bevolking van die VSA en die Europese Unie is werksaam in poste wat vir musikante gestruktureer is. Daar is lank reeds 'n ooraanbod van musici wat met onvoldoende vaardighede toegerus is vir professionele oorlewing in die hedendaagse samelewing. Bogenoemde situasie is deels die gevolg van onderriginstellings wat krampagtig vasklou aan 19de-eeuse onderrigpraktyke in die hoop dat dit genoegsaam sou wees vir die voorbereiding van 21ste-eeuse kunstenaars. Die realiteit is dat alternatiewe kunsbeoefening buite die tradisionele werksomgewing van die onderwys en die simfonieorkes ondersoek moet word; een alternatief is die sogenaamde kuns- of musiekentrepreneurskap. Hierdie artikel, gebaseer op 'n MBA-veldstudie asook uitgebreide Fulbright postdoktorale navorsing, poog om die ontwikkeling van kunsen-trepreneurskapsonderrig te belig aan die hand van ontwikkelinge in die kreatiewe industries oor die laaste dekade. Die potensiaal van kunsentrepreneurskapskurrikula om nuwe professionele geleenthede vir musikante te skep, word ondersoek. Verskillende onderrigmodelle word uitgelig, en daar word tot die gevolgtrekking gekom dat nie te veel professionele musikante werksaam is nie, maar wel dié met die verkeerde vaardighede.

    Keywords : kunsentrepreneurskap; nuwe ondernemingsvestiging; musiekkurrikulum; musiekentrepreneurskap; ervaringsekonomie; kreatiewe industrieë.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · pdf in Afrikaans