SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 número2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    MEYER, Susan. Stemme van agter die plaas se hek: Die mens-natuur-"gesprek" in Dwaalpoort van Alexander Strachan. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.2, pp. 290-306. ISSN 0041-4751.

    Alexander Strachan se roman, Dwaalpoort, sluit aan by die tradisie van die plaasroman deur ondermynend in te speel op die literêre konvensies van die klassieke plaasroman. Die verhaal word vanuit die perspektief van ses verskillende karakters vertel: vyf mense en Mhlophe, leier van die trop wit hartbeeste, wat in die roman die oergees van die natuur verteenwoordig. Die analise van die "gesprek" wat voortkom uit die menslike en dierlike "stemme" in Dwaalpoort het eerstens die doel van die identifisering van aspekte van ekologiese diskoers in die roman. Verder dien dit ter verkenning van die manifesteringswyses van die beginsels van ekologiese diskoers, wat Matthew Teorey uit die natuurskrywer Craig Childs se werk aflei, in Strachan se roman. 'n Boeiende bevinding is die wyse waarop "gesprekvoering" tussen die mens en ander spesies bevoordeel word waar die mens kommunikasiebeperkinge, opgelê deur kulturele sisteme, oorkom deur buite bepaalde kultureel-ideologiese sisteme te tree. Rentia, die plaaseienaar, tree buite die patroon van patriargale dominansie om die fyner nuanses van ekologiese diskoers te beleef. Sy leef in navolging van haar grootouma, wie se waagmoedigheid om buite-om die kultureelideologiese voorskrifte van haar tyd haar eie lewensreëls te formuleer ook met 'n meer ongebonde en innige natuurverbintenis in verband gebring kon word. Bullet en Jurgens laat die gevestigde denkraamwerke en die magsrolle van jagter en regter agter. Hulle kom tot meer omvattende kontak met en begrip vir die dier, asook tot grondiger nadenke oor die skakeling tussen mens en dier binne die groot biotiese gemeenskap.

    Palavras-chave : Dwaalpoort; Alexander Strachan; plaasroman; magiese realisme; vertelwyse; mens-natuur-gesprek; ekologiese diskoers; stem van die natuur; agterlaat van beperkende kulturele sisteme; saambestaan van mens en natuur.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · pdf em Africaner