SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 issue2The constitution, education authorities and the road ahead for single medium Afrikaans schools author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

MEYER, Susan. Stemme van agter die plaas se hek: Die mens-natuur-"gesprek" in Dwaalpoort van Alexander Strachan. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.2, pp.290-306. ISSN 2224-7912.

Alexander Strachan se roman, Dwaalpoort, sluit aan by die tradisie van die plaasroman deur ondermynend in te speel op die literêre konvensies van die klassieke plaasroman. Die verhaal word vanuit die perspektief van ses verskillende karakters vertel: vyf mense en Mhlophe, leier van die trop wit hartbeeste, wat in die roman die oergees van die natuur verteenwoordig. Die analise van die "gesprek" wat voortkom uit die menslike en dierlike "stemme" in Dwaalpoort het eerstens die doel van die identifisering van aspekte van ekologiese diskoers in die roman. Verder dien dit ter verkenning van die manifesteringswyses van die beginsels van ekologiese diskoers, wat Matthew Teorey uit die natuurskrywer Craig Childs se werk aflei, in Strachan se roman. 'n Boeiende bevinding is die wyse waarop "gesprekvoering" tussen die mens en ander spesies bevoordeel word waar die mens kommunikasiebeperkinge, opgelê deur kulturele sisteme, oorkom deur buite bepaalde kultureel-ideologiese sisteme te tree. Rentia, die plaaseienaar, tree buite die patroon van patriargale dominansie om die fyner nuanses van ekologiese diskoers te beleef. Sy leef in navolging van haar grootouma, wie se waagmoedigheid om buite-om die kultureelideologiese voorskrifte van haar tyd haar eie lewensreëls te formuleer ook met 'n meer ongebonde en innige natuurverbintenis in verband gebring kon word. Bullet en Jurgens laat die gevestigde denkraamwerke en die magsrolle van jagter en regter agter. Hulle kom tot meer omvattende kontak met en begrip vir die dier, asook tot grondiger nadenke oor die skakeling tussen mens en dier binne die groot biotiese gemeenskap.

Keywords : Dwaalpoort; Alexander Strachan; plaasroman; magiese realisme; vertelwyse; mens-natuur-gesprek; ekologiese diskoers; stem van die natuur; agterlaat van beperkende kulturele sisteme; saambestaan van mens en natuur.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License