SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 número2A principal's perspective on professional development: a single case study índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

MESSERSCHMIDT, Johanna J.E.  e  MESSERSCHMIDT, Hans J.. Voorwaardelike konstruksies met indien soos gebruik in wetenskaplike tydskrifte (deel 2: gemerkte konstruksies). Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.2, pp.271-289. ISSN 2224-7912.

Hierdie artikel vorm die tweede deel van 'n beskrywing van voorwaardelike konstruksies met indien soos in wetenskaplike tydskrifte aangetref. In die eerste deel is basiese konstruksies onder die loep geneem, terwyl hierdie deel oor gemerkte konstruksies handel. Konstruksies met verkorte bysinne of indien-uitdrukkings word as gemerk beskou. 'n Volledige konstruksie word as gemerk beskou wanneer dit nie met die protasis begin nie. Die agterplasing van die protasis word in terme van diskoersverwante, semantiese en sintaktiese faktore verklaar: posisie van die konstruksie in die groter diskoers, fokus in die sin, betekenisnuansering deur bywoorde, inlywing by sinsdele en inlywing as sinsdele. Dit blyk dat 'n skrywer volgens sy/haar kommunikatiewe doel 'n keuse ten opsigte van die protasis-apodosis-volgorde kan uitoefen, maar dat die keuse soms deur sintaktiese faktore beperk word. Die gebruike van gemerkte indien-konstruksies met hipotaktiese binding, kan soos basiese konstruksies geklassifiseer word volgens die mate van die waarskynlikheid dat 'n stand van sake gerealiseer sal word. Twee van die subkategorieë wat by die basiese volgorde voorkom, is egter nie in die gemerkte volgorde aangetref nie. In die beskrywing word na die rol van indien as ruimtebouer verwys en aan die einde van hierdie artikel word 'n oorsig oor die soorte indien-konstruksies in die korpus met verwysing na denkruimtes verskaf. Verdere navorsing is nodig om dieper op die aard en sterkte van die binding tussen protasis en apodosis in te gaan.

Palavras-chave : indien; voorwaardelike konstruksie; basiese indien-konstruksie; gemerkte konstruksie; wetenskaplike taalgebruik; Teorie van Denkruimtes; protasisapodosis-volgorde; waarskynlikheidskontinuum.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons