SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 número2Ubuntu values: societal and educational expectationsThe constitution, education authorities and the road ahead for single medium Afrikaans schools índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

KAMPER, G.D.  y  STEYN, M.G.. Die beroepsingesteldheid van vierdejaaronderwys-studente. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.2, pp.252-270. ISSN 2224-7912.

Die navorsing het ontstaan uit die aanname dat die onderwysproblematiek in Suid-Afrika (voortdurende kurrikulumwysigings, gebrekkige indiensopleiding, dissiplineprobleme, lae beroepsmotivering onder onderwysers en gebrekkige aansien van die onderwysberoep) 'n negatiewe uitwerking op die beroepsinstelling van onderwysstudente het. Vanuit die teoretiese raamwerk wat gebruik is, naamlik Bronfenbrenner (1990) se ekosistemiese samelewingsmodel, is die negatiewe kragte wat op die onderwys inwerk, nader toegelig. In die lig van die intensiteit van hierdie kragte het die volgende as navorsingsvraag gedien: In welke mate het die huidige onderwysstudent 'n positiewe beroepsingesteldheid? In 'n vraelysopname onder 403 finalejaar onderwysstudente, is die aanvanklike aanname verkeerd bewys. Die vraelysrespondente was nie alleen positief ingestel teenoor hul toekomstige loopbaan in die onderwys nie, maar hulle was ook uitgesproke oor hul taak daarin as morele rolmodelle. Die positiewe aard van ons voorlopige bevindings onderstreep alreeds die absolute noodsaaklikheid van onderwysbestuursmaatreëls om die volhoubaarheid van beginneronderwysers se positiewe beroepsingesteldheid te verseker. 'n Elektroniese advies- en motiveringsdiens vir beginneronderwysers kan heel moontlik as eerste en uitvoerbare projek hiertoe dien.

Palabras clave : onderwysersopleiding; onderwysstudente; onderwysermoraal; onder-wysberoep; onderwysprofessie; onderwyshoukrag.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons