SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 issue2The causes of loneliness and the factors that contribute towards it: a literature reviewA principal's perspective on professional development: a single case study author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

DU TOIT, Pleter H.; DE BOER, Ann-Louise; BOTHMA, Theo  and  SCHEEPERS, Detken. Multidissiplinêre samewerking: 'n Noodsaaklikheid vir onderwysinnovering. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.2, pp.236-251. ISSN 2224-7912.

Die operasionele konteks van die navorsing waaroor hier gerapporteer word, is die onderrig van 'n module oor Inligtinggeletterdheid op universiteitsvlak. Die spesifieke fokus word geplaas op die verskeidenheid leerstylvoorkeure van die akademiese en professionele personeel wat verantwoordelik is vir kurrikuluminnovering. Data oor leerstylvoorkeure dien as vetrekpunt vir navorsing oor professionele ontwikkeling. Die voortgesette professionele ontwikkeling van akademiese personeel by universiteite het dwingend noodsaaklik geword. Hierdie toedrag van sake is onder andere die gevolg van die nuwe onderwysstelsel wat die belangrikheid van hoër onderwys en opleiding beklemtoon. Dit het gelei tot die skep van 'n Ministerie vir Hoër Onderwys en Opleiding. Hierdie imperatief word deur hoër onderwysinstansies deur middel van talle inisiatiewe ondersteun. Die kurrikuluminnoveringsproses waaroor gerapporteer word, vorm 'n integrerende deel van die professionele ontwikkeling van diegene wat betrokke is. As samevatting van die navorsingsbevindinge kan dit onomwonde gestel word dat die spanpoging, soos in die artikel beskryf, alleenlik suksesvol is omdat die span uit spanlede vanuit 'n verskeidenheid dissiplines bestaan - kundiges met die nodige vakkennis ter sprake in die module onder bespreking, naamlik inligtingkunde en ander vakkundiges wat in kurrikulumontwikkeling, hoër onderwys, en instruksionele ontwerp spesialiseer. Derhalwe word die term multidissiplinêre span in die titel en deurgaans in die teks gebruik. 'n Belangrike voorwaarde vir die sukses van die samewerking wat ter sprake is, is dat die spanlede mekaar die ruimte gun om elkeen binne sy/haar eie voorkeurdenkmodus 'n bydrae te kan lewer. Leerprosesse wat tydens kurrikulumontwikkelingsessies ter sprake kom, word as geleenthede vir professionele ontwikkeling benut. Elke spanlid kry die geleentheid om oor sy/haar eie prakyk te reflekteer, wat deel vorm van 'n konstruktivistiese professionele leerproses wat die diskoers oor kurrikuluminnovering verryk.

Keywords : Onderwysinnovering; Leerstyle; Kurrikuluminnovering; Heelbreinleer; Ontwikkeling van akademiese personeel; Aksienavorsing; Professionele ontwikkeling; Inligtinggeletterdheid.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License