SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 número2Remuneration trends in the public sector during sustained inflation: an economic perspectiveThe use of body maps by educators in fulfilling their pastoral role índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

DE VLLLIERS, Johan. Geskiedeniswetenskap en die Nuwe Suid-Afrika -moet die Suid-Afrikaanse geskiedenis herskryf word?. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.2, pp.198-208. ISSN 2224-7912.

Daar word uit verskillende oorde aangedring op die herskryf van die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Dit kan maklik op valse veronderstellings en verwagtinge gebaseer wees. Neem in ag dat geskiedenis as mensgerigte wetenskap fokus op voortdurende inherente verandering. Die skryf van geskiedenis bied talle struikelblokke. Enkele voorbeelde verdien vermelding. Eerstens is die verlede-werklikheid onherhaalbaar. Die dialoog moet multikulturele gesigspunte erken. Beskikbare en toeganklike bronne is beperk. Nuwe vorme van uitbeelding ontwikkel. Postmoderne historici neig om geen finale antwoorde te verskaf op die talle vrae aan die verlede-werklikheid nie. Dit beteken dat daar nooit finale bevindings in die Suid-Afrikaanse geskiedenis kan wees nie. Dit moet in die lig van veranderende omstandighede in die hede voortdurend hersien word. Geskiedskrywing bevat slegs gedeeltelike waarhede aangesien die volledige verlede-werklikheid onbereikbaar bly. Historici van die Suid-Afrikaanse toneel moet vandag diverse persepsies op 'n verantwoor-delike en eerlike wyse hanteer, gebaseer op die beskikbare getuienis. Heersende mites moet ontbloot word en teenswoordige vrae relevant toegelig word uit die beskikbare bronne. Daar is ruimte vir nuwe perspektiewe en 'n meer insluitende Suid-Afrikaanse algemene geskiedenis, sonder om die baanbrekerswerk van talle historici in die verlede te verkleineer.

Palabras clave : Geskiedeniswetenskap; herskryf en herinterpretasie; kenteoretiese aspekte; Nuwe Suid-Afrika en Nuwe geskiedenis; spekulatiewe geskiedenisfilo-sofieë; verandering en kontinuïteit; waarheid en werklikheid; Westerse beskawing.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons