SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 número2Innovative public sector education and training in a developing South Africa: the impact of and responses to globalisationWho are the good Samaritans? Characteristics of volunteers in South Africa índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

VAN DER WALT, B.J.. Aristotelies-filosofiese invloede by die Sinode van Dordt (1618-1619) en die bevrydende perspektief van 'n Reformatoriese filosofie op goddelike soewereiniteit en menslike verantwoordelikheid. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.2, pp.174-195. ISSN 2224-7912.

Alreeds in die vorige eeu het Gereformeerde teoloë die aandag daarop gevestig dat die Dordtse Leerreëls, opgestel deur die Sinode van Dordt (1618-1619), se visie op die verhouding tussen God en mens (toegespits op die probleem van verkiesing en verwerping) sterk op die Aristoteliese oorsakeleer gesteun het. (Vergelyk ook die vorige artikel van die skrywer, Van der Walt 2011.) In die onderhawige artikel word geargumenteer dat nie slegs Aristoteles se logika of oorsakeleer nie, maar sy hele filosofie 'n belangrike rol by Dordt gespeel het. Daarom word in die eerste hoofdeel sy ontologie, godsidee, oorsakeleer en sillogistiese logika ondersoek. Dit blyk onder andere dat (afgesien van hulle Christelike oriëntasie) twee belangrike standpunte by Dordt (dié van F. Gomarus en J. Arminius) dieselfde filosofiese standpunte gehuldig het as twee van die Stagiriet se filosofiese konsepsies gedurende sy latere lewe. Volgens die skrywer het die Gereformeerd-Skolastieke teoloë by die Sinode se sintese met Aristoteles se filosofie egter verhoed dat 'n suiwer Bybelse standpunt ingeneem is. Daarom handel die tweede hoofdeel van hierdie ondersoek oor 'n latere Christelike filosoof, D.H.Th. Vollenhoven, se meer Reformatoriese alternatief vir die verhouding tussen God en mens. As vertrekpunt word geneem sy omskrywing van religie as die verhouding van die mensheid tot die God van die verbond in gehoorsaamheid of ongehoorsaamheid aan sy fundamentele liefdesgebod. Vollenhoven beskou, in lyn met die Skrif, religie nie as iets misties of bonatuurlik nie, maar as 'n inherente deel van menswees wat elke aspek van die lewe insluit. Ter afsluiting word genoem dat die Dordtse Leerreëls oorspronklik slegs as 'n oordeel oor die Remonstrantisme bedoel was en nie as 'n konfessie nie. Verskillende standpunte oor die huidige gesag van die Leerreëls word genoem. Die outeur se eie standpunt ten opsigte van hierdie 17de-eeuse belydenisskrif is nie dat dit verwerp of opgedateer behoort te word nie. Daar moet eerder besin word oor nuwe, eietyds-relevante, inspirerende belydenisse, wat Christene se verantwoordelikheid in God se allesomvattende koninkryk op alle lewensterreine uitspel. Op dié wyse sal dit reg laat geskied aan 'n integraal-Bybelse visie op religie.

Palabras clave : Aristoteles (384-322v.C.); Aristoteles se ontwikkelingsgang; ontologie; dualistiese filosofie; godsidee; oorsakeleer; sillogistiese logika; Sinode van Dordt (1618-1619); Gomarus (1563-1641); Arminius (1560-1609); D.H.Th. Vollenhoven (1892-1978); religie; verbond; belydenis; determinisme; ewige goddelike dekreet; predestinasie; uitverkiesing; verwerping; menslike verantwoordelikheid.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons