SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

DE BEER, Fanie. Die polemologie vir die gees. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.1, pp.130-146. ISSN 2224-7912.

Hierdie artikel is 'n bondige oorsig oor aspekte van die werk van die filosoof, Bernard Stiegler, en die vereniging Ars Industrialis, waarby hy en verskeie kollegas betrokke is. Die vertrekpunt hiervoor is die merkwaardige publikasie deur hulle met die titel: Heropluistering van die wêreld: geestelike waarde teenoor industriële populisme, asook twee Manifeste wat binne die bestek van vyf jaar beslag gekry het as die kern van hulle argumente. Aandag word ook gegee aan die belangrikste publikasies van Stiegler wat min of meer gedurende hierdie tyd die lig gesien het. Sake wat beklemtoon word, is die karakterisering van gees, die identifisering van magte wat die gees aftakel en in die proses die wêreld ontluister, dit wat in die aftakelingsproses alles in die slag bly, die omvang en impak van hierdie magte tot die dimensies van 'n sosiopatologie toe. Die geïmpliseerde aftakeling van die individu tot 'n gedisaffekteerde wese, die aftakeling van die gemeenskap tot 'n volslae verlies van gevoelvolheid, sorgsaamheid en liefde en die aftakeling van kennis en denke tot berekenbare en berekenende middelmatigheid wat uiteindelik lei tot katastrofe, stommiteit en barbaarsheid, is alles sake wat intens geraak word. Hierbenewens word ook aandag gegee aan hoe hierdie sake, volgens Stiegler en sy mede-werkers, deur 'n sekere soort stryd van 'n intellektuele, konseptuele en gevoelvolle aard beveg kan en moet word, met die hulp van institusies en dissiplines naas dié van individue, ten einde 'n sosioterapie te verwesenlik deur die herfundering van menslike gemeenskaplikheid (die ware "ons"-wees) en die stryd teen onkunde wat ook 'n stryd vir intelligensie is, waardeur die herwinning van geestelikheid, die herinvensie van sorgsaamheid en liefde, die heropluistering van die wêreld en die belewenis van synsnabyheid verwesenlik kan word met die hulp van die industriële politiek en tegnologieë van die gees. 'n Soort noötegniek of nöterapie moet in werking tree.

Palabras clave : Gees; industriële populisme; simboliese en geestelike ellende; sosiopato-logie; farmakon; polemologie; sosioterapie; kennis; sorg; komposisionele denke.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons