SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 número1Can complexity save souls? A theological plea for simplicityThe polemology for the spirit índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912

Resumen

SCHOEMAN, Marinus. Geesteswetenskap in 'n geeslose omgewing? 'n Besinning oor die hedendaagse universiteit en die verwaarlosing van sy opvoedingstaak. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.1, pp. 121-129. ISSN 2224-7912.

Aan die hedendaagse universiteite het beroepsopleiding toenemend die norm geword. Dit, tesame met die eis om "demokratisering" en "maatskaplike" gelykheid, het die klassieke ideaal van 'n omvattende humanistiese vorming van studente na die agtergrond geskuif. Veral die geesteswetenskappe (in die sin van die humaniora) word nadelig hierdeur beïnvloed. Hierdie tendens moet gestuit word. Dit kan myns insiens slegs gebeur indien universiteite waarlik onbevoogde (outonome) instellings bly. Dit beteken dat universiteite, indien hulle hoegenaamd nog met enige geloofwaardigheid wil aanspraak maak op die titel "universiteit", genoegsame ruimtes moet verskaf vir vrye intellektualiteit - ruimtes waar studente hulleself vryelik aan die dissipline van geleerdheid onderwerp, om geen ander rede nie as die liefde vir 'n (bepaalde) vakgebied wat hulle vir hulle vorming nodig ag. Sulke ruimtes moet eilande van akademiese vryheid wees - gevrywaar van allerlei illusies, onrealistiese verwagtinge en bemoeienisse van drukgroepe, en wars van ideologiese en tegnologiese pretensies. Dosente en studente sou daar byeenkom uitsluitlik om te studeer, om te lees en te skryf, om na mekaar te luister en diskussies te voer in die gees van die ensiklopedie, die algemene vorming. Sodanige ruimtes sal egter slegs in hulle doel slaag vir sover daar streng toelatingsvereistes gestel word.

Palabras clave : Geesteswetenskappe; humaniora; Bildung; vorming; opvoeding; die universiteit; beroepsopleiding; demokratisering van die onderwys; sosiale geregtigheid; gelykheid.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )