SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 issue1The perception of higher education students of the influence of their gap year experiences on their personal development author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

SCHOEMAN, Marinus. Geesteswetenskap in 'n geeslose omgewing? 'n Besinning oor die hedendaagse universiteit en die verwaarlosing van sy opvoedingstaak. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.1, pp.121-129. ISSN 2224-7912.

Aan die hedendaagse universiteite het beroepsopleiding toenemend die norm geword. Dit, tesame met die eis om "demokratisering" en "maatskaplike" gelykheid, het die klassieke ideaal van 'n omvattende humanistiese vorming van studente na die agtergrond geskuif. Veral die geesteswetenskappe (in die sin van die humaniora) word nadelig hierdeur beïnvloed. Hierdie tendens moet gestuit word. Dit kan myns insiens slegs gebeur indien universiteite waarlik onbevoogde (outonome) instellings bly. Dit beteken dat universiteite, indien hulle hoegenaamd nog met enige geloofwaardigheid wil aanspraak maak op die titel "universiteit", genoegsame ruimtes moet verskaf vir vrye intellektualiteit - ruimtes waar studente hulleself vryelik aan die dissipline van geleerdheid onderwerp, om geen ander rede nie as die liefde vir 'n (bepaalde) vakgebied wat hulle vir hulle vorming nodig ag. Sulke ruimtes moet eilande van akademiese vryheid wees - gevrywaar van allerlei illusies, onrealistiese verwagtinge en bemoeienisse van drukgroepe, en wars van ideologiese en tegnologiese pretensies. Dosente en studente sou daar byeenkom uitsluitlik om te studeer, om te lees en te skryf, om na mekaar te luister en diskussies te voer in die gees van die ensiklopedie, die algemene vorming. Sodanige ruimtes sal egter slegs in hulle doel slaag vir sover daar streng toelatingsvereistes gestel word.

Keywords : Geesteswetenskappe; humaniora; Bildung; vorming; opvoeding; die universiteit; beroepsopleiding; demokratisering van die onderwys; sosiale geregtigheid; gelykheid.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License