SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 número1The interactive approach to reading instruction: an alternative to traditional ways of teaching reading índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

BRAND, Gerrit. Kan kompleksiteit siele red? 'n Teologiese pleidooi vir eenvoud. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.1, pp.103-120. ISSN 2224-7912.

Onlangse uitlatings deur sekere kultuurkritici wys op 'n vermeende krisis van die "gees" of "siel" in die hedendaagse samelewing. 'n Gemene deler in hierdie veelkantige kultuurkritiek is dat die mensdom oënskynlik van 'n ryk spirituele erfenis afskeid neem. Dié erfenis word dikwels as 'n pre-kritiese kontraspunt vir die huidige geestesfilosofie ("philosophy of mind") en neuro-wetenskappe gebruik. Dit berus egter op 'n karikatuur, met die gevolg dat die ware kontraspunt moeilik aantoonbaar is. 'n Helder generiese definisie van die siel of gees as bewussyn, intensionaliteit en vryheid kan help om die werklike twispunt tussen tradisionele en fisikalistiese beskouings na vore te bring. Dit blyk dat dit oor vryheid is dat die weë skei. In pogings om in weerstand teen reduksionistiese tendense "die siel te red" word soms van insigte uit die kompleksiteitsdenke gebruik gemaak. Hierdie strategie het tekortkomings met betrekking tot die eksistensiële, eerder as verklarende, vraagstelling oor vryheid, en lewer 'n verarmde weergawe van die belang van vryheid op. ' n Ryker, meer verdedigbare aanpak sou wees om uit die Joods-Christelik-Islamitiese (oftewel Abrahamitiese) tradisie die ideaal van 'n persoonlike God-mens-verhouding, waarin libertariese vryheid veronderstel word, te ontwikkel, en om aan te toon dat die tradisionele leer van Gods eenvoud hierin van groter belang as kompleksiteit is, omdat dit ten diepste Gods radikale vryheid, waarop menslike vryheid berus, vooropstel.

Palavras-chave : Abrahamitiese tradisie; Ars Industrialis; bewussyn; Philip Clayton; Daniel Dennet; René Descartes; eenvoud; gees; geestesfilosofie; intensionaliteit; fisikalisme; kompleksiteit; neuro-wetenskappe; Timothy O'Connor; Blaise Pascal; personalisme; Marrilyne Robinson; Gilbert Ryle; siel; vryheid.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons