Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares em Google
Compartilhar
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751
Resumo
VAN MARLE, Karin e SLABBERT, Melodie Nöthling. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.1, pp.68-84. ISSN 2224-7912.
Die reg se omgang met die menslike gees is 'n ongemaklike een. Die artikel toon aan hoedat die omvattende invloed van dualisme en positivisme op die regswetenskap 'n verarmde en reduksionistiese geestesbegrip, oftewel 'n toestand van totale geestesafwesigheid, tot gevolg het. 'n Bespreking van enkele postapartheid-regsbenaderings dui op maniere waarop die reg anders bedink kan word en hoe daar op 'n ander wyse met die reg omgegaan kan word. Deur onder andere benaderings wat "slowness" tot die reg en regsinterpretasie omarm, wat die grondwet as gedenkwaardigheid eerder as monument bedink en wat die oorheersende aard van die reg weier, kan daar 'n gaping vir die afwesige gees geskep word. In navolging van Adriana Cavarero se lees van Penelope, kan 'n stadige ritme van weef en ontrafel die komplekse verhouding tussen die reg en die ideaal, die reg en die gees op die voorgrond bring.
Palavras-chave : gees; geestesgesteldheid; dualisme; positivisme; wilsvryheid; neurowetenskap; postmodernisme; etiek van ongemak; etiese feminisme; transformatiewe grondwetlikheid; slowness"; monument; gedenkwaardigheid; refusal"; oordeel.