SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

Print version ISSN 0041-4751

Abstract

VAN MARLE, Karin  and  SLABBERT, Melodie Nöthling. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.1, pp. 68-84. ISSN 0041-4751.

Die reg se omgang met die menslike gees is 'n ongemaklike een. Die artikel toon aan hoedat die omvattende invloed van dualisme en positivisme op die regswetenskap 'n verarmde en reduksionistiese geestesbegrip, oftewel 'n toestand van totale geestesafwesigheid, tot gevolg het. 'n Bespreking van enkele postapartheid-regsbenaderings dui op maniere waarop die reg anders bedink kan word en hoe daar op 'n ander wyse met die reg omgegaan kan word. Deur onder andere benaderings wat "slowness" tot die reg en regsinterpretasie omarm, wat die grondwet as gedenkwaardigheid eerder as monument bedink en wat die oorheersende aard van die reg weier, kan daar 'n gaping vir die afwesige gees geskep word. In navolging van Adriana Cavarero se lees van Penelope, kan 'n stadige ritme van weef en ontrafel die komplekse verhouding tussen die reg en die ideaal, die reg en die gees op die voorgrond bring.

Keywords : gees; geestesgesteldheid; dualisme; positivisme; wilsvryheid; neurowetenskap; postmodernisme; etiek van ongemak; etiese feminisme; transformatiewe grondwetlikheid; slowness"; monument; gedenkwaardigheid; refusal"; oordeel.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · pdf in Afrikaans