SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 issue1Dollarisation as economic solution for the Zimbabwean demiseStudent teachers' interpretation and use of learning theory concepts author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

BURGER, Willie. "Betrokke Kritiek" - Literatuurkritiek wat die wêreld verander?: Literatuurkritiek ná Teorie. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.1, pp.52-67. ISSN 2224-7912.

Postmodernistiese literatuur en -kritiek het oor die afgelope paar dekades afgereken met die idee van 'n wit, westerse, manlike, monokultuur. Die idees van Derrida en Foucault het deurgesyfer tot op elke vlak van die literatuurkritiek en -studie met 'n gevolglike agterdog jeens algemeengeldende waarheidsaansprake en waardeoordele. Die humanistiese beskouing dat daar universele kwaliteite geld waarvolgens goeie kunswerke die goeie, ware en skone sou bevat, is ondermyn. Elke diskoers is 'n histories-ontstaande verhaal tussen ander verhale - met elk hulle eie kenmerke en wetmatighede en ook hulle eie praktiese magseffekte. In hierdie omstandighede het die taak van literatuurkritiek geword om daarop te wys hoedat alle tekste eintlik verhale is: hoedat terme na mekaar verwys en hulle betekenis verkry van hulle plek in die gestruktureerde geheel. Kritici is dus besig om te "dekonstrueer" ten einde aan te dui hoedat die bepaalde konstruksie uitsluitend is (en dus mag uitoefen). Die dekonstruksie van vooronderstellings en sekerhede versand uiteindelik tot 'n siniese relativisme, 'n ironiese lewenshouding waarin niks meer "werklik" is nie en waarin alles aanvaarbaar is: "anything goes". Die skrywer en kritikus wat hierdie idees onderskryf, raak wel ontslae van 'n uitgediende kultuurideaal, maar is dan self ook irrelevant. In hierdie omstandighede ontstaan die noodsaak vir "betrokke kritiek" - 'n soort kritiek wat (n.a.v. die idee van "betrokke literatuur") 'n aanspraak op die leser maak om volle verantwoordelikheid vir sy/haar eie menswees in die wêreld te aanvaar, 'n evaluerende kritiek wat nie terugkeer na uitgediende humanistiese opvattings nie maar wat wel waarde heg aan letterkunde wat ons belangrikste vrae en diepste emosies onderling deelbaar maak.

Keywords : Literêre kritiek; waardeoordeel; betrokke kritiek; literatuuronderrig; humanisme; Kultuurstudies; eksperimentele denke; estetiese konsepte.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License