SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 issue1On the status of "oe" in Afrikaans: an acoustic analysisSustainability reporting in the mining sector: identifying critical issues author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

WOLFF, Ernst. Tegnologie as kritiese sosiale teorie. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.1, pp.36-51. ISSN 2224-7912.

In hierdie artikel word die belang van tegniek vir 'n aanvaarbare perspektief op die menslike agentskap (en dus ook op die gees van die mens) op 'n beskrywende en kritiese manier aangebied. Die polemiese gebruik van die term "tegnologie" dien as afgrensing teen drie wydverspreide wanopvattings aangaande tegniek: (1) teen die ideologiesgedrewe benaderings tot menslike tegnisiteit, naamlik tegno-pessimisme en tegno-optimisme, (2) teen die foutiewe oortuiging dat behoorlike aandag aan menslike tegnisiteit noodwendig lei tot 'n instrumentale degradering van die mens en (3) teen die oordrewe isolering van menslike tegnisiteit ten opsigte van ander aspekte van menswees, soos die simboliese, sosiale of biologiese aspekte. Dienooreenkomstig word: (1) 'n genuanseerde beeld van menslike tegnisiteit aangebied, (2) aangetoon hoe tegnisiteit wesenlik deel van menslike bestaan is en (3) die verweefdheid van menslike tegnisiteit met ander antropologiese aspekte ondersoek. Uiteindelik word die kritiese potensiaal van 'n nie-teleologiese begrip van die tegnisiteit van menslike aksie gekartografeer ten einde die relevansie van "tegnologie" vir die geesteswetenskappe te demonstreer.

Keywords : tegnisiteit; tegnologie; aksie; sosiale teorie; reëlvolging; hermeneutiek; kreatiwiteit; kritiek; habitus.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License