SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 número1The liberal welfare state: democracy or meritocracy?On the status of "oe" in Afrikaans: an acoustic analysis índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

ROODT, Vasti. Arendt, Stiegler en die lewe van die gees. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.1, pp.5-18. ISSN 2224-7912.

Bernard Stiegler en die ondertekenaars van die Ars Industrialis-manifes verbind hulself tot die bevryding van die menslike gees van die logika van die kapitalisme. Die manifes maak dit duidelik dat die begrip "gees" aan die hand van Hannah Arendt se opvatting van die "lewe van die gees" ("life of the mind") verstaan moet word. Die doel van hierdie artikel is om die opvatting van "gees" wat Stiegler et al. aan Arendt toedig, te bevraagteken. Ek toon eerstens aan dat Stiegler nie erns maak met Arendt se onderskeid tussen gees ("mind") en siel ("psyche"/"soul") nie, waarna ek die drie aspekte van die lewe van die gees wat sy van mekaar onderskei, naamlik denke, wil en oordeel, op 'n sistematiese wyse ondersoek. Hierdie ondersoek lei dan tot die insig dat Arendt, anders as Stiegler, hierdie geestesvermoëns as vrye, self-refleksiewe aktiwiteite van die bewussyn verstaan, en nie as funksies van interne psigiese prosesse of van 'n eksterne ekonomiese- of politieke orde nie. Ek kom tot die gevolgtrekking dat, alhoewel Stiegler se sosiale kritiek ongetwyfeld van waarde is, sy argument in hierdie verband nie berus op 'n begrip van die lewe van die gees wat hy aan Arendt ontleen nie.

Palabras clave : Stiegler; Ars Industrialis; Arendt; gees; "lewe van die gees"; bewussyn; psige; begeerte; libidinale energie; denke; wil; oordeel; politiek; handeling; vryheid; kapitalisme; verbruikersamelewing.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons