SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 número4 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

GROVE, Izak. "Making the Dutchman proud of his language...": ' n honderd jaar van die Afrikaanse kunslied. Tydskr. geesteswet. [online]. 2011, vol.51, n.4, pp.666-679. ISSN 2224-7912.

Die ontwikkeling van die Afrikaanse kunslied kan herlei word na die eerste voorbeeld daarvan, 'n toonsetting deur Jan Gysbert Bosman (ook bekend as Bosman di Ravelli) in 1908 van wat beskou word as die eerste volwasse gedig in dié jong taal, d.w.s. Eugène Marais se ikoniese teks, Winternag. In 'n breër perspektief begin die geskiedenis van die Afrikaanse lied met volksmusiekagtige pogings voor die eeuwending, deur die patriotiese lied in die jare onmiddellik na die Anglo-Boereoorlog (soos dié van Stephen Eyssen), tot by populêre liedere gedurende die twintigerjare, op die patroon van die Engelse "drawingroom" ballades, deur Stephen le Roux Marais. Die koms van die digkuns van die dertigerjare het ook die verskyning van die Afrikaanse kunslied, op die patroon van Europese modelle, ingelui. Hierdie era het gekulmineer in Arnold van Wyk se siklus Van Liefde en Verlatenheid (1953). Dit is interessant dat die begin van die Afrikaanse kunslied saamval met die afname van die Europese kunslied-tradisie, wat egter steeds in stand gehou word deur 'n groep plaaslike liedkomponiste en -bewonderaars.

Palabras clave : Afrikaans; kunslied; Winternag; Bosman di Ravelli; Arnold van Wyk; Hubert du Plessis; Annie Visser; Jan Bouws; Genootskap van Regte Afrikaners; Dawid Engela; Mimi Coertse; NP van Wyk Louw.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons