SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

DE BEER, Arnold S. Kyk terug na die toekoms: nuusobjektiwiteit en Niklas Luhmann se konsep van die realiteit van die massamedia. Tydskr. geesteswet. [online]. 2011, vol.51, n.4, pp.613-630. ISSN 2224-7912.

Die hedendaagse vloed van ontwikkelinge op die informasie- en kommunikasie tegnologie-terrein bring sowel die praktyk van mediawerk as die teoretiese begrip daarvan in gedrang. Makro-, meso- en mikro-mediateorieë en -modelle wat in die tweede helfte van die vorige eeu as gangbare heuristiese weergawes van die "mediawerklikheid" voorgehou is, word deur die omvang en invloed van nuwe (sosiale) media omvergewerp. Tradisionele mediateoretiese benaderings soos die hekwagter- en nuusvloeimodelle maak in die wêreld van Twitter, Facebook en YouTube paradigmaties nie meer sin nie. Gevolglik word die "heilige koei" van die joernalistieke praktyk, naamlik die aanvaarding dat nuus objektief is en die "werklikheid" derhalwe getrou weergee, ernstig bevraagteken. Huidige mediateoretiese benaderings verskaf oënskynlik nie voldoende antwoorde op die voorafgaande probleemsituasie nie. Die werk van die Duitse sosioloog Niklas Luhmann word aangebied as 'n potensiële benadering om hierdie probleemsituasie aan te spreek en te ontleed.

Keywords : Funksionalisme; konstruktivisme; Niklas Luhmann; nuus en objektiwiteit; nuusrealiteit; nuusteorie; waarneming.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License