SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 número4Values in the accountancy profession: a historical investigation of the establishment of the profession in South AfricaLooking back towards the future: news objectivity and Niklas Luhmann's concept of the "reality of the mass media" índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Bookmark

    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión impresa ISSN 0041-4751

    Resumen

    ENGELBRECHT, Lambert. Die ACVV as welsynspionier: van welsyn vir armblankes tot eietydse uitdagings vir inklusiewe ontwikkelingsgerigte maatskaplike werk. Tydskr. geesteswet. [online]. 2011, vol.51, n.4, pp. 597-612. ISSN 0041-4751.

    Die eerste formele welsynsorganisasie in Suid-Afrika, naamlik die ACVV, is amptelik in 1904 gestig. Dié betrokke welsynsdienste was aanvanklik op armblankes gerig en dit het in sekere kringe die ACVV se besondere bydrae tot die daarstelling van gesofistikeerde maatskaplikewerkdienste en -strukture oorskadu. Teen hierdie agtergrond word die ACVV se historiese mylpale in dié artikel ontleed, gevolg deur 'n oorsig van die organisasie se teenswoordige inklusiewe ontwikkelingsgerigte maatskaplikewerk-konteks, ten einde eietydse uitdagings aan die ACVV en soortgelyke welsynsorganisasies aan die lig te bring. Die gevolgrekking word gemaak dat die bedoelinge en krag van veral vroue in welsyn nie altyd na waarde geskat word nie; en om die ACVV slegs binne die konteks van 'n volksmoederdiskoers of kleurslagboom te beskou, is bloot eendimensioneel, sonder begrip dat dit juis die organisasiekultuur en vrywilligerbasis van die organisasie is wat dit oor geslagte heen die verskillende politieke bestelle laat oorleef het. Die kapasiteit en dienste van die organisasie demonstreer steeds 'n beduidende positiewe impak op die lewens van kwesbare mense en transformasie van maatskaplike werk in Suid-Afrika. Eietydse uitdagings behels onder meer die behoud van 'n samebindende organisasiekultuur en vrywilligerskorps; die gerigtheid op gesinsorgdienste as kernaktiwiteit; die bestuur van die organisasie as 'n waardegedrewe leeromgewing vanuit 'n sterkteperspektief; 'n situasiespesifieke balans tussen ontwikkelings- en remediërende funksies en ook maatskaplikewerk-metodiek; die integrering van ekonomiese aktiwiteite met maatskaplikewerk-aktiwiteite deur bewustelike fasilitering van sodanige aksies tydens alle dienste op alle vlakke; versekering van 'n volhoubare finansiële inkomste vir die organisasie; en die behoud van personeel en vrywilligers.

    Palabras llave : ACVV; vroueorganisasies; welsyn; nie-regeringsorganisasies; apartheid; armblankes; maatskaplike ontwikkeling; inklusiewe ontwikkelingsgerigte maatskaplike werk; vrywilligers; trans formasie; organisasiekultuur.

            · resumen en Inglés     · texto en Africano     · pdf en Africano