SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

ENGELBRECHT, Lambert. Die ACVV as welsynspionier: van welsyn vir armblankes tot eietydse uitdagings vir inklusiewe ontwikkelingsgerigte maatskaplike werk. Tydskr. geesteswet. [online]. 2011, vol.51, n.4, pp.597-612. ISSN 2224-7912.

Die eerste formele welsynsorganisasie in Suid-Afrika, naamlik die ACVV, is amptelik in 1904 gestig. Dié betrokke welsynsdienste was aanvanklik op armblankes gerig en dit het in sekere kringe die ACVV se besondere bydrae tot die daarstelling van gesofistikeerde maatskaplikewerkdienste en -strukture oorskadu. Teen hierdie agtergrond word die ACVV se historiese mylpale in dié artikel ontleed, gevolg deur 'n oorsig van die organisasie se teenswoordige inklusiewe ontwikkelingsgerigte maatskaplikewerk-konteks, ten einde eietydse uitdagings aan die ACVV en soortgelyke welsynsorganisasies aan die lig te bring. Die gevolgrekking word gemaak dat die bedoelinge en krag van veral vroue in welsyn nie altyd na waarde geskat word nie; en om die ACVV slegs binne die konteks van 'n volksmoederdiskoers of kleurslagboom te beskou, is bloot eendimensioneel, sonder begrip dat dit juis die organisasiekultuur en vrywilligerbasis van die organisasie is wat dit oor geslagte heen die verskillende politieke bestelle laat oorleef het. Die kapasiteit en dienste van die organisasie demonstreer steeds 'n beduidende positiewe impak op die lewens van kwesbare mense en transformasie van maatskaplike werk in Suid-Afrika. Eietydse uitdagings behels onder meer die behoud van 'n samebindende organisasiekultuur en vrywilligerskorps; die gerigtheid op gesinsorgdienste as kernaktiwiteit; die bestuur van die organisasie as 'n waardegedrewe leeromgewing vanuit 'n sterkteperspektief; 'n situasiespesifieke balans tussen ontwikkelings- en remediërende funksies en ook maatskaplikewerk-metodiek; die integrering van ekonomiese aktiwiteite met maatskaplikewerk-aktiwiteite deur bewustelike fasilitering van sodanige aksies tydens alle dienste op alle vlakke; versekering van 'n volhoubare finansiële inkomste vir die organisasie; en die behoud van personeel en vrywilligers.

Keywords : ACVV; vroueorganisasies; welsyn; nie-regeringsorganisasies; apartheid; armblankes; maatskaplike ontwikkeling; inklusiewe ontwikkelingsgerigte maatskaplike werk; vrywilligers; trans formasie; organisasiekultuur.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License