SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 issue4The ACVV as welfare pioneer: from welfare for poor whites to contemporary challenges for inclusive developmental social work author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Bookmark

    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    VERHOEF, Grietjie. Waardes in die rekeningkundige professie: 'n historiese ondersoek na die vestiging van die professie in Suid-Afrika. Tydskr. geesteswet. [online]. 2011, vol.51, n.4, pp. 575-596. ISSN 0041-4751.

    Die professie van rekeningkundiges, rekenmeesters en ouditeure word met agterdog bejëen na die Enron skandaal. Die rekenmeestersprofessie het egter op 'n sterk grondslag van etiese waardes en professionele standaarde 'n worstelstryd gevoer om erkenning en professionele domein beskerming te bewerkstellig. Hierdie artikel ondersoek die waardes van die rekeningkundige professie waarmee die vroegste verteenwoordigers van die professie die stryd gevoer het om erkenning en statutêre beskerming. Wat was die onderliggende waardes en standaarde van die professie soos dit uit Brittanje in Suid-Afrika beslag gekry het? Hoe het die professionele etiek en waardes in die rekeningkundige professie in Suid-Afrika ontwikkel? Die ondersoek sal die sosiale konteks van die professie in historiese perspektief ontleed en probeer aantoon hoe 'n Enron moontlik kon wees. Vir die Suid-Afrikaanse samelewing is hierdie vraagstuk eweseer van belang teen die agtergrond van bemagtigingsbeleidsrigtings en toenemende voorbeelde van korrupsie. Hierdie artikel ondersoek die proses van professionele domeinvestiging in Suid-Afrika en wys hoe die rekenmeestersprofessie 'n eie professionele kode probeer vestig het. Uiteindelik het intra-professionele verskille die inmenging van die staat teen 1951 meegebring. Hierdie ontwikkeling het bepaalde konsekwensies vir professionele outonomie ingehou.

    Keywords : professionele outonomie; rekenmeesters; ouditeure; professionele kode; etiek; waardes; eksaminering; lisensiëring; professionele domein; professionele sluitstrategie.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · pdf in Afrikaans