SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 issue4Surrogate equivalence in bilingual dictionaries with specific reference to zero equivalence in dictionaries for African languagesDevelopment and integration of multimedia teaching and learning support material (LTSM) to support reading skills author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

BECKMANN, Johan. Onderwys in Suid-Afrika van 1961 tot 2011: tussen twee paradigmas en ontwykende ideale. Tydskr. geesteswet. [online]. 2011, vol.51, n.4, pp.507-532. ISSN 2224-7912.

Die doel van hierdie artikel is om die 50ste bestaansjaar van die Tydskrif vir Geestesweten skappe te gedenk en om die vyftig jaar in verband te bring met onderwysvoorsiening in Suid-Afrika gedurende hierdie tydperk. Onderwys in die tydperk 1961-2011 moet verstaan word binne die konteks van wat reeds voor 1961 plaasgevind het en daarom word enkele historiese momente van belang vir die onderwys voor 1961 uitgelig. In die tydperk voor 1994 is die voorsiening van onderwys oorheers deur die paradigma van afsonderlike maar gelyke onderwys - soos onder andere vergestalt deur die benadering van eie en algemene onderwyssake van die tagtigerjare. Die ideale van hierdie paradigma is nie bereik nie en onderwysvoorsiening was grootliks ongelyk en op ras gebaseer. Sedert 1994 is die onderwys gekenmerk deur die menseregte- of transformasie-paradigma wat onder meer gelykheid, regstelling en toegang tot onderwysgeleenthede beklemtoon het. Nie een van hierdie paradigmas kon egter outentieke differensiëring in onderwysvoorsiening bewerkstellig nie. Die ongelykhede van voor 1994 het grootliks bly voortbestaan. Gapings tussen die prestasies van rassegroepe het nie vernou nie, hoewel die toegang tot onderwys dramaties verbeter het. Die artikel bespreek brandpunte in onderwysvoorsiening in die betrokke tydperk en toon dat daar nog nie bevredigende oplossings gevind is vir uitdagings rakende onderwysersopleiding, die bestuur en beheer van onderwysinrigtings en die stelsel, die religieuse en kulturele aard van die onderwys en die rol wat onderwyserorganisasies behoort te speel nie. Die artikel word afgesluit met 'n aanduiding van aspekte wat die sleutel tot die verbetering van onderwysvoorsiening kan wees.

Keywords : Afsonderlike maar gelyke-paradigma; menseregteparadigma; gedifferensieerde onderwys; onderwysondersoeke; afsonderlike beheerwette; beheer en befondsing; toegang en deelname; verpligte skoolbesoek; onderwysersopleiding; onderwyserprofessionaliteit; kurrikulumhervorming; prestasieverskille; wanfunksionele skole; oorblywende ongelykhede; sleutels tot verbetering; grondwetlike bedelings.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License