SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 número4 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    GOOSEN, Danie. Die teoretiese lewe: Perspektiewe vanuit die tradisie. Tydskr. geesteswet. [online]. 2011, vol.51, n.4, pp. 490-506. ISSN 0041-4751.

    Die artikel begin met die waarneming dat teenswoordige gesprekke oor die universiteitswese gekenmerk word deur 'n opvallende afwesigheid van fokus op wat die tradisie as die teoretiese lewe beskou het. Genoemde gesprekke is eerder daartoe geneig om op die praktiese uitdagings te fokus waarvoor universiteite vandag te staan gekom het (strategiese beplanning, bemarking, netwerke, ensovoorts). Die vraag wat in die artikel ter sprake gebring word, is waarom die moderne en postmoderne wêreld gekenmerk word deur 'n voorkeur vir sogenaamde praktiese vrae ten koste van wat die tradisie nog as die teoretiese lewe beskou het. In die artikel word voorgestel dat 'n antwoord gesoek moet word in die wyd uiteenlopende ontologieë in die agtergrond van die verskillende beklemtonings met betrekking tot die praktiese en die teoretiese. Volgens die ekstatiese ontologie eie aan die tradisie is die werklikheid ervaar as 'n ekstatiese beweging vanaf die partikuliere na die universele, vanaf die dele na die geheel, maar ook vanaf die praktiese na die teoretiese. Met die moderne neiging om die werklikheid ontologies na 'n veelheid van laagste gemene delers te reduseer, is die ruimte geskep waarin met die teoretiese lewe in die tradisionele sin van die woord weggedoen word en waar dit met 'n uitsluitlike fokus op die praktiese vervang is.

    Palavras-chave : Teorie en praktyk; ekstatiese ontologie; potensialiteit; moderne ontologie; postmoderne ontologie.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · pdf em Africaner