SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 issue4A critical assessment of a few of the literary prizes awarded by The South African Academy for Science and ArtsA preliminary investigation into the state of education after 1994 in selected schools in the Western Cape author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

GOOSEN, Danie. Die teoretiese lewe: Perspektiewe vanuit die tradisie. Tydskr. geesteswet. [online]. 2011, vol.51, n.4, pp.490-506. ISSN 2224-7912.

Die artikel begin met die waarneming dat teenswoordige gesprekke oor die universiteitswese gekenmerk word deur 'n opvallende afwesigheid van fokus op wat die tradisie as die teoretiese lewe beskou het. Genoemde gesprekke is eerder daartoe geneig om op die praktiese uitdagings te fokus waarvoor universiteite vandag te staan gekom het (strategiese beplanning, bemarking, netwerke, ensovoorts). Die vraag wat in die artikel ter sprake gebring word, is waarom die moderne en postmoderne wêreld gekenmerk word deur 'n voorkeur vir sogenaamde praktiese vrae ten koste van wat die tradisie nog as die teoretiese lewe beskou het. In die artikel word voorgestel dat 'n antwoord gesoek moet word in die wyd uiteenlopende ontologieë in die agtergrond van die verskillende beklemtonings met betrekking tot die praktiese en die teoretiese. Volgens die ekstatiese ontologie eie aan die tradisie is die werklikheid ervaar as 'n ekstatiese beweging vanaf die partikuliere na die universele, vanaf die dele na die geheel, maar ook vanaf die praktiese na die teoretiese. Met die moderne neiging om die werklikheid ontologies na 'n veelheid van laagste gemene delers te reduseer, is die ruimte geskep waarin met die teoretiese lewe in die tradisionele sin van die woord weggedoen word en waar dit met 'n uitsluitlike fokus op die praktiese vervang is.

Keywords : Teorie en praktyk; ekstatiese ontologie; potensialiteit; moderne ontologie; postmoderne ontologie.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License