SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 número4The contractual dimension of constitutions: new challenges for South Africa?Surrogate equivalence in bilingual dictionaries with specific reference to zero equivalence in dictionaries for African languages índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

DE BEER, Fanie. Die idee van die gees. Tydskr. geesteswet. [online]. 2011, vol.51, n.4, pp.472-489. ISSN 2224-7912.

Ons het in hierdie bespreking duidelike verbande gekry tussen die idee, die gees, die verbeelding, die oneindige, die kreatiewe en inventiewe en veral ook die selfoorskrydende magte van beide idee en gees in die rigting van die oneindige. Nou lyk dit asof hierdie gedagtes afwesig geraak het in die beoefening nie net van die geesteswetenskappe nie, maar in alle wetenskappe waar dit eweneens tuishoort. As ons aan die idee van die gees hulde bring, kan dit slegs sinvol gedoen word wanneer idee en gees in die rykheid van hul geskiedenis voluit waardeer en omarm word en nie volgens persoonlike smaak en voorkeur en vir dissiplinêre, stuksgewyse en korttermynvoordele nie. Dit moet manifesteer in meervoudige denke, in die vryheid van die oneindige gees en in die volheid van die verbeeldingryke idees wat alle hier en nou, korttermyn en lukraak werkwyses en die mag van die ideologieë van die dag teëgaan, te bowe gaan en oorskry. Ons moet besef dat stuksgewyse oplossings, wat altyd gees-lose oplossings is, eintlik afgrondelik van aard is. Wat sou dus 'n sinvolle benadering tot die idee van die gees wees wat oral lewendig gehou word? Sou die geesteswetenskappe en hulle tydskrifte nog spesiale hulde aan die gees kon bring op 'n wyse waarop dit steeds die diep en betekenisvolle dimensies vir menswees en wetenskapwees vertoon? Ja, indien hulle tot die volgende geestesaktiwiteite verbind is: Die wakkermaak van omvattende denke ver verby berekening, die herbesing van die wêreld, die uitbreiding van die bewussyn, die kultivering van idees, die verdiepende verstaan van kennis, die inspan van meervoudige, konnektiewe intelleksie en die geestelike sorgsaamheid vir kennis en vir wêreld.

Palabras clave : Gees; oneindig; denke; kennis; idee; bewussyn; berekening; intelligensie; noölogie; wetenskap; mensbeeld.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons