Services on Demand
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751
Abstract
BEYER, Herman L.. 'n algemene tipologie van leksikografiese etikette. Tydskr. geesteswet. [online]. 2011, vol.51, n.3, pp.419-446. ISSN 2224-7912.
Hierdie artikel stel 'n tipologie van leksikografiese etikette met die fokus op standaard tweetalige woordeboeke voor. Hoewel 'n aantal tipologieë in die literatuur voorkom wat op die oppervlak grootliks ooreenstem, is daar onenigheid ten opsigte van die dieper klassifikasies. Die literatuur toon dat hierdie stand van sake die gevolg is van algemene verwarring en 'n gebrek aan konsensus oor die gebruik van leksikografiese etikette en die pragmatiese parameters wat hulle verteenwoordig, wat veroorsaak word deur die afwesigheid van 'n teoretiese basis vir hulle klassifikasie en standaardisering. Die doel van hierdie artikel is juis om sodanige teoretiese basis te skep op grond waarvan 'n tipologie ontwikkel kan word.
Keywords : domeinetiket; etikettering; etikettipologie; gemerktheid; leksikografie; leksikografiese gemerktheid; leksikografiese etiket; linguistiese etiket; makrostruktuur; mikrostruktuur; pragmatiese data; standaardvariëteit; standaard tweetalige woordeboek; stilistiese etiket; tegniese etiket.