SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 número3A school-based socio-emotional programme as strategy against crime and violenceA general typology of lexicographical labels índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

LESSING, AC  y  WITT, MW de. Stemme uit die Suid-Afrikaanse onderwysuniegeledere oor dissipline. Tydskr. geesteswet. [online]. 2011, vol.51, n.3, pp.403-418. ISSN 2224-7912.

Ongedissiplineerde leerdergedrag het betrekking op gedrag wat die ordelike verloop van die onderrigsituasie versteur. Dit is veral lae-impak-ongedissiplineerde gedrag soos tussenin praat, rondloop in die klas en taakvermyding wat die meeste frustrasie en stres by onderwysers veroorsaak. Hierdie artikel weerspieël onderwysers van bepaalde skole se sienings oor die oorsake van ongedissiplineerde leerdergedrag, asook hulle sienings oor die handhawing van dissipline in die skool. 'n Vraelys is elektronies aan skole gestuur en die resultate is sowel kwantitatief as kwalitatief ontleed. Hierdie artikel doen egter slegs verslag oor die bevindinge van die kwalitatiewe gedeelte van die vraelys. Streng, konsekwente asook regverdige dissipline en deeglike lesvoorbereiding wat leerderbetrokkenheid insluit, word beskou as die effektiefste maniere om dissipline te handhaaf. Uit die resultate van hierdie navorsing is dit duidelik dat die handhawing van dissipline in skole talle rolspelers impliseer, 'n groot verskeidenheid aspekte behels en geen maklike taak is nie.

Palabras clave : gedragsprobleme; dissipline; ouerbetrokkenheid; dissiplinêre kode; straf; detensie; kinderregte; waardestelsel; ondersteuningstelsel; proaktiewe dissipline; Suid-Afrikaanse Onderwysersunie; SAOU.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons