SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 número3A reflection on technology in public administrationVoices from the ranks of the South African teachers union on discipline índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912

Resumo

MERWE, Petro Van Der. 'n skoolgebaseerde sosiaal-emosionele program as strategie teen misdaad en geweld. Tydskr. geesteswet. [online]. 2011, vol.51, n.3, pp. 388-402. ISSN 2224-7912.

Misdaad en geweld is 'n ernstige probleem in Suid-Afrikaanse skole. Die studie waarop hierdie artikel gebaseer is, het gepoog om te bepaal watter elemente 'n sosiaal-emosionele intervensieprogram by 'n skool behoort te bevat om die voorkoming van geweld en misdaad in die skool te verseker. Met die vertrekpunt dat emosionele-intelligensie-onderrigmetodes in die klaskamer van groot waarde kan wees wat geweld-intervensies by skole betref, het die studie dit ten doel gehad om vas te stel of emosionele vaardighede in die komplekse atmosfeer van 'n skool aangeleer kan word. Die rol van onderwysers in die ontwikkeling van emosionele intelligensie by leerders is ook ondersoek. 'n Skoolgebaseerde sosiaal-emosionele intervensieprogram as strategie teen geweld is op die beginsel gebaseer dat onderrig bewustheid kan verander, dat kennis en onderrigmetodes prososiale gedrag kan bevorder, en dat dit leerders kan bemagtig. Die basiese aanname van 'n skoolgebaseerde geweld-intervensieprogram is dat, indien geweld aangeleer is, dit weer afgeleer kan word en leerders alternatiewe kan kies wat nie geweld insluit nie. Benewens kognitiewe en emosionele rypheid moet adolessente ook sosiale rypheid bereik. 'n Adolessent-gesentreerde onderrigbenadering sal adolessente se vermoë om 'n sosiaalaanvaarbare lewensfilosofie te ontwikkel, bevorder. Adolessentleer word bevorder wanneer individuele verskille erken, gerespekteer en geakkommodeer word; wanneer die leerders gemotiveer word deur uitdaging, relevansie, keuse, en 'n gevoel van suksesbereiking, en wanneer hulle gemaklik voel om hulleself uit te druk, skeppend, ondersoekend en eksperimenterend te wees, risiko's te neem en foute te maak.

Palavras-chave : Wangedrag; leerders; onderwysers; klaskamer; klaskamerpraktyke; skoolgeweld; emosionele intelligensie; emosionele vaardigheid; sosiaal emosionele intervensies; sosiale gedrag; interpersoonlike vaardighede.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License