SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 issue3Managers' and employees' attitudes towards people with physical disabilities in the workplace author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

MERWE, Petro Van Der. 'n skoolgebaseerde sosiaal-emosionele program as strategie teen misdaad en geweld. Tydskr. geesteswet. [online]. 2011, vol.51, n.3, pp.388-402. ISSN 2224-7912.

Misdaad en geweld is 'n ernstige probleem in Suid-Afrikaanse skole. Die studie waarop hierdie artikel gebaseer is, het gepoog om te bepaal watter elemente 'n sosiaal-emosionele intervensieprogram by 'n skool behoort te bevat om die voorkoming van geweld en misdaad in die skool te verseker. Met die vertrekpunt dat emosionele-intelligensie-onderrigmetodes in die klaskamer van groot waarde kan wees wat geweld-intervensies by skole betref, het die studie dit ten doel gehad om vas te stel of emosionele vaardighede in die komplekse atmosfeer van 'n skool aangeleer kan word. Die rol van onderwysers in die ontwikkeling van emosionele intelligensie by leerders is ook ondersoek. 'n Skoolgebaseerde sosiaal-emosionele intervensieprogram as strategie teen geweld is op die beginsel gebaseer dat onderrig bewustheid kan verander, dat kennis en onderrigmetodes prososiale gedrag kan bevorder, en dat dit leerders kan bemagtig. Die basiese aanname van 'n skoolgebaseerde geweld-intervensieprogram is dat, indien geweld aangeleer is, dit weer afgeleer kan word en leerders alternatiewe kan kies wat nie geweld insluit nie. Benewens kognitiewe en emosionele rypheid moet adolessente ook sosiale rypheid bereik. 'n Adolessent-gesentreerde onderrigbenadering sal adolessente se vermoë om 'n sosiaalaanvaarbare lewensfilosofie te ontwikkel, bevorder. Adolessentleer word bevorder wanneer individuele verskille erken, gerespekteer en geakkommodeer word; wanneer die leerders gemotiveer word deur uitdaging, relevansie, keuse, en 'n gevoel van suksesbereiking, en wanneer hulle gemaklik voel om hulleself uit te druk, skeppend, ondersoekend en eksperimenterend te wees, risiko's te neem en foute te maak.

Keywords : Wangedrag; leerders; onderwysers; klaskamer; klaskamerpraktyke; skoolgeweld; emosionele intelligensie; emosionele vaardigheid; sosiaal emosionele intervensies; sosiale gedrag; interpersoonlike vaardighede.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License