Services on Demand
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751
Abstract
JAARSVELDT, L.C. Van and WESSELS, J.S.. 'n besinning oor tegnologie in publieke administrasie. Tydskr. geesteswet. [online]. 2011, vol.51, n.3, pp.373-387. ISSN 2224-7912.
Hierdie artikel handel oor die vraag of die Publieke Administrasie-diskoers 'n kritiese besinning oor die tegniese apparaat en tegniese aktiwiteite insluit in soverre dit publieke administrasie behels. 'n Oorsig van die teenwoordigheid van tegnologie in die ontwikkeling van Publieke Administrasie in Europa, Brittanje en die Verenigde State van Amerika, toon aan dat Publieke Administrasie as 'n aparte vak ontstaan het as gevolg van 'n groeiende behoefte aan 'n korpus van tegnieke vir die uitvoering van openbare funksies. Trouens, die vak Publieke Administrasie beliggaam die tegnologie vir publieke administrasie. Publieke Administrasie moet dus in die toepassingskonteks die tegnieke wat relevant is vir die lewering van openbare dienste bestudeer. Die insluiting van 'n studie van die tegnieke wat verband hou met die gebruik van die rekenaar in publieke administrasie is dus 'n logiese gevolg van Publieke Administrasie, wat die tegnologie is van 'n immer veranderende publieke administrasie.
Keywords : Publieke Administrasie; tegnologie; tegniek; ontwikkeling; rekenaar; opvoeding; akademiese vak; dienslewering; openbare diens; besinning.