SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 issue3 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

Print version ISSN 0041-4751

Abstract

FOURIE, Johan  and  FINTEL, Dieter Von. 'n ongelyke oes: die Franse hugenote en die Vroeë Kaapse wynbedryf. Tydskr. geesteswet. [online]. 2011, vol.51, n.3, pp. 332-353. ISSN 0041-4751.

Wynvervaardiging was een van die eerste industrieë wat aan die Kaap gevestig is. Kwalitatiewe bronne lewer teenstrydige getuienis oor die impak wat die aankoms van Franse Hugenote aan die Kaap in 1688/89 op die wynindustrie gehad het. Deur van kwantitatiewe produksiedata oor 75 jaar van Europese vestiging aan die Kaap gebruik te maak, verklaar ons hoekom spesifieke Hugenote - dié wat van wynproduserende streke in Frankryk afkomstig was - beduidend meer produktief was as die ander setlaars. Standaard produksiefaktore verklaar nie die verskil nie: die Hugenote se wynkennis, - vermoëns en - geheime het verseker dat duursame wyn geproduseer is, wat onontbeerlik was vir verbygaande skepe. Hierdie geheimenisse van wynvervaardiging is oor generasies heen binne families bewaar, sodat hierdie families byna 'n eeu na hul aankoms steeds beter wynmakers was as die ander Europese afstammelinge.

Keywords : Kaapkolonie; Suid-Afrika; VOC; Hugenote; wynbou; slawe; ongelykheid; armoede; ontwikkeling; handelskepe.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · pdf in Afrikaans