Services on Demand
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751
Abstract
MERWE, Jan Van Der. Ludwig Feuerbach die antropoloog. Tydskr. geesteswet. [online]. 2011, vol.51, n.3, pp.319-331. ISSN 2224-7912.
Ludwig Feuerbach het in die negentiende eeu die mensdom se perspektiewe oor die godsdiens, en veral oor Christenskap, behoorlik op sy kop gekeer. Hy het die standpunt gehandhaaf dat die mens as gevolg van innerlike behoeftes en verwagtings vir homself 'n god skep en dat God nie die mens geskape het soos dit in die Bybel staan nie. Feuerbach word vanweë sy filosofie as die vader van sekularisme beskou. Met sekularisme word bedoel dat die wêreld totalitêr afgerond word tot 'n oorsigtelike en geslote geheel, waarin daar geen sprake meer van probleme is wat nie vanuit die wêreld (die mens) self opgelos kan word nie. Professor Lawrence Schlemmer het op 5 Desember 2010 op die voorblad van Rapport verklaar dat Afrikaanse mense in die laaste tyd baie meer sekulêr geword het. Hy het voorts gesê dat: "... diegene wat nog wel glo, hul geloof vanuit 'n postmoderne perspektief bedryf, waar persoonlike behoeftes en 'n verbruikerskultuur die essensie van hul geloofsbasis vorm". Hierdie artikel fokus op die filosofiese denke van Feuerbach, terwyl daar ook aangetoon word in welke mate Feuerbach se denke vandag nog inslag in die moderne sekulêre samelewing vind.
Keywords : Teologie; antropologie; filosofie; Christenskap; godsdiens; geloof; religie; Hegel; Kant; Descartes; Schleiermacher; God; sekularisasie; sekulêre samelewing.