Services on Demand
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751
Abstract
VYVER, Corné Van Der. Die oorsetting van 'n bybelteks na Niestandaardafrikaans: die kunssinnigheids- en kreatiewe aspekte daaragter. Tydskr. geesteswet. [online]. 2011, vol.51, n.3, pp.289-303. ISSN 2224-7912.
Die oorsetting van 'n teks (soos 'n Bybelgedeelte) na Niestandaardafrikaans moet beskou word as 'n transponering (intratalige vertaling) daarvan en nie as 'n getroue en presiese vertaling (intertalige vertaling) of ook nie 'n aanpassing (intersemiotiese vertaling) nie, omdat die term transponering erkenning gee aan die kunssinnige- en kreatiwiteitsaspekte van die oorsetting. Hierdie uitgangspunt is vanuit drie gesigspunte benader: vanuit Jakobson se teorie, vanuit Du Plessis (2006) se beskouing van transponering en vanuit 'n eie transponering van die outeur waarmee sekere kunssinnige- en kreatiwiteitsbeginsels geïllustreer kon word. Na 'n kort teoretiestegniese bespreking word 'n transponering van 'n Bybelgedeelte uit Standaardafrikaans na Tsotsi-Afrikaans aangebied. Daarna vind 'n bespreking van die kreatiwiteits-, tegniese en kunsaspekte van die betrokke transponering plaas.
Keywords : Vertaling; aanpassing; oorsetting; transponering; Niestandaardafrikaans; Bybelvertaling; variëteit; linguistiese vlak; leefwêreldvlak; religieuse vlak.