SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 número2Ubuntu values: societal and educational expectationsThe constitution, education authorities and the road ahead for single medium Afrikaans schools índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

SNYMAN, Maritha  y  PENZHORN, Cecilia. Leser en konteks: 'n resepsiestudie oor Afrikaanse romanselesers. Tydskr. geesteswet. [online]. 2011, vol.51, n.2, pp.238-250. ISSN 2224-7912.

Hierdie artikel wys op die winste van ander literatuurstudiebenaderings as teksanalise. Na 'n kort opsomming van navorsingsperspektiewe wat op die omgang van die leser met die teks fokus, word die opset en bevindinge van 'n leserstudie onder Afrikaanse lesers van romanses beskryf. 'n Vergelyking met ander studies oor dieselfde genre dui op ooreenkomste, soos dat die genre lesers help om aan die werklikheid te ontsnap en ontvlug, maar ook op verrassende verskille. Ten spyte van die patriargale omgewing waarin die Afrikaanse romanseleser lewe, word dit - anders as in ander studies - verswyg as rede vir ontvlugting. Die studie wys op die noue verbintenis tussen teks, leser en konteks wanneer die Afrikaanse romanselesers ontvlugting van misdaad as die werklikheid waarvan hulle wil ontvlug, aandui.

Palabras clave : romanse; romantiese fiksie; resepsiestudie; leserstudie; liefdesverhale; populêre literatuur.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons