SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 issue2Ubuntu values: societal and educational expectationsThe constitution, education authorities and the road ahead for single medium Afrikaans schools author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

SNYMAN, Maritha  and  PENZHORN, Cecilia. Leser en konteks: 'n resepsiestudie oor Afrikaanse romanselesers. Tydskr. geesteswet. [online]. 2011, vol.51, n.2, pp.238-250. ISSN 2224-7912.

Hierdie artikel wys op die winste van ander literatuurstudiebenaderings as teksanalise. Na 'n kort opsomming van navorsingsperspektiewe wat op die omgang van die leser met die teks fokus, word die opset en bevindinge van 'n leserstudie onder Afrikaanse lesers van romanses beskryf. 'n Vergelyking met ander studies oor dieselfde genre dui op ooreenkomste, soos dat die genre lesers help om aan die werklikheid te ontsnap en ontvlug, maar ook op verrassende verskille. Ten spyte van die patriargale omgewing waarin die Afrikaanse romanseleser lewe, word dit - anders as in ander studies - verswyg as rede vir ontvlugting. Die studie wys op die noue verbintenis tussen teks, leser en konteks wanneer die Afrikaanse romanselesers ontvlugting van misdaad as die werklikheid waarvan hulle wil ontvlug, aandui.

Keywords : romanse; romantiese fiksie; resepsiestudie; leserstudie; liefdesverhale; populêre literatuur.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License