SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 número2The causes of loneliness and the factors that contribute towards it: a literature reviewA principal's perspective on professional development: a single case study índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

LOUW, S  e  REYNEKE, R.P. Indikatore vir 'n maatskaplikewerk-intervensieplan vir straatkinders. Tydskr. geesteswet. [online]. 2011, vol.51, n.2, pp.214-237. ISSN 2224-7912.

Die artikel beskou die straatkindverskynsel vanuit 'n ekologiese perspektief ten einde indika tore daar te stel wat vir 'n intervensieplan met straatkinders belangrik is. Die ekologie se raam werk bied 'n holistiese en sistemiese perspektief wat die totaliteit van die straat kind in ag neem aangesien die verskynsel op die mikro-, meso-, ekso- en makro vlak bestudeer word. Die indikatore vir die intervensieplan wat daargestel word, is dus omvattend ten op sigte van elke aspek van die straatkind se leefwêreld. Die artikel beskryf die konseptuele raamwerk van die studie, sowel as die kwalitatiewe en kwantitatiewe ondersoeke waarby ses straatkinders en tien organisasies wat dienste aan straatkinders lewer, betrek is. Daarna word die geïdentifiseerde indikatore vir 'n intervensieplan uiteengesit en aanbevelings gemaak oor hoe dit in die praktyk geïmplementeer kan word. Daar word tot die gevolgtrekking geraak dat die grootste behoeftes ten opsigte van die mikrosisteem die behoef tes van versorging, genesing, bou van verhoudinge en ont wikkeling van die straatkind is. Die mesovlak word gekenmerk deur die sterk behoefte van die straatkind om te behoort. Hier speel die gesin/familie, skool, opleiding en die portuurgroep 'n belangrike rol in die kind se ontwikkeling. Die straatkind se grootste behoeftes op die eksovlak is dié van hoop en ontwikkeling, terwyl die makrosisteem die funksie van beskerming asook ontwikkeling het.

Palavras-chave : Maatskaplike werk; straatkinders; ekologiese perspektief; inter ven sieplan; programindikatore; kwalitatiewe navorsing; kwantitatiewe navorsing; transaksies en verwantskappe; verliese; ondersteuningsisteme.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons