SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 issue2Land and transformation: historical context and outline of the process of land reform, 1994-2010Indicators for a social work intervention plan for street children author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Bookmark

    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    ELOFF, Irma. Begrip, vertroue en gesag in opvoedkunde. Tydskr. geesteswet. [online]. 2011, vol.51, n.2, pp. 202-213. ISSN 0041-4751.

    Hierdie artikel reflekteer oor drie sentrale teoretiese konstrukte in die werk van WA Landman. Die konstrukte begrip, vertroue en gesag, wat as pedagogiese verhoudingstrukture deur Landman gekonseptualiseer is, word ondersoek deur dit in verband te bring met hedendaagse studies oor dieselfde konstrukte - ten einde die relevansie daarvan vir vandag se opvoedkundige fenomene te beskou. In die artikel word drie sentrale argumente voorgehou. Ek argumenteer dat i) die begryping van die drie konstrukte breër as die individuele volwassene-kind verhouding beskou moet word, dat ii) die intrinsieke verbande tussen die drie konstrukte egter behoue moet bly soos wat die konseptualisering daarvan uitbrei, en dat iii) ons meer sistemiese kompleksiteite in ons teoretiese begryping van die drie konstrukte insluit. Hierdie werkswyse lei tot die hipotese dat die toepaslikheid en relevansie van Landman se teorie rakende pedagogiese verhoudingstrukture inderdaad kan verhoog vir die komplekse onderrig-en-leer kontekste van vandag.

    Keywords : Vertroue; begrip; gesag; opvoedkunde; onderwys.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · pdf in Afrikaans