SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 número2The use of the USA dollar as international key currency and its benefits to the USAUnderstanding, trust and authority in education índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912

Resumen

DU PISANI, J A. Grond en transformasie: historiese konteks en oorsig van die proses van grondhervorming, 1994-2010. Tydskr. geesteswet. [online]. 2011, vol.51, n.2, pp. 178-201. ISSN 2224-7912.

Grond bly 'n omstrede kwessie in Suid-Afrika. Die gebeure in Zimbabwe en die beoogde onteieningswetgewing het onrustigheid oor grondhervorming by kommersiële boere en die georganiseerde landbou veroorsaak. 'n Teiken van 30% van Suid-Afrika se grond in swart besit teen 2014 is deur die ANC-regering gestel. Hierdie artikel ondersoek die historiese proses van 'n ongelyke verdeling van grond op 'n rassegrondslag in Suid-Afrika, wat teen die einde van die apartheidsera grondhervorming genoodsaak het ten einde inkomste, sosiale status en politieke mag meer eweredig te versprei. 'n Oorsig van grondhervorming tussen 1994 en 2010, bestaande uit restitusie van grondregte, 'n herverdeling van grond en wysigings aan die grondbesitstelsel, word verskaf. Grondeise is nog nie afgehandel nie en dit is onmoontlik om die uiteindelike uitkomste van die proses te voorspel. Grondhervorming tans, net soos gebiedskeiding en tuislandkonsolidasie in die verlede, is op 'n rasgedrewe ideologie gebaseer, wat 'n algemeen aanvaarbare oplossing van die grondkwessie belemmer. Rolspelers moet egter nie die ideaal van 'n billike, nie-rassige en produktiewe stelsel van grondregte uit die oog verloor nie.

Palabras clave : Grond; Suid-Afrika; territoriale segregasie; tuislandbeleid; grondhervorming; restitusie; grondbesit.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License