SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 issue2Who are the good Samaritans? Characteristics of volunteers in South AfricaThe causes of loneliness and the factors that contribute towards it: a literature review author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

DU PISANI, J A. Grond en transformasie: historiese konteks en oorsig van die proses van grondhervorming, 1994-2010. Tydskr. geesteswet. [online]. 2011, vol.51, n.2, pp.178-201. ISSN 2224-7912.

Grond bly 'n omstrede kwessie in Suid-Afrika. Die gebeure in Zimbabwe en die beoogde onteieningswetgewing het onrustigheid oor grondhervorming by kommersiële boere en die georganiseerde landbou veroorsaak. 'n Teiken van 30% van Suid-Afrika se grond in swart besit teen 2014 is deur die ANC-regering gestel. Hierdie artikel ondersoek die historiese proses van 'n ongelyke verdeling van grond op 'n rassegrondslag in Suid-Afrika, wat teen die einde van die apartheidsera grondhervorming genoodsaak het ten einde inkomste, sosiale status en politieke mag meer eweredig te versprei. 'n Oorsig van grondhervorming tussen 1994 en 2010, bestaande uit restitusie van grondregte, 'n herverdeling van grond en wysigings aan die grondbesitstelsel, word verskaf. Grondeise is nog nie afgehandel nie en dit is onmoontlik om die uiteindelike uitkomste van die proses te voorspel. Grondhervorming tans, net soos gebiedskeiding en tuislandkonsolidasie in die verlede, is op 'n rasgedrewe ideologie gebaseer, wat 'n algemeen aanvaarbare oplossing van die grondkwessie belemmer. Rolspelers moet egter nie die ideaal van 'n billike, nie-rassige en produktiewe stelsel van grondregte uit die oog verloor nie.

Keywords : Grond; Suid-Afrika; territoriale segregasie; tuislandbeleid; grondhervorming; restitusie; grondbesit.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License